Saturday 28 July 2012

WEG Toksak



Die WEG toksak is baie groter as wat ek my ingedink het (vir die prys)
Die sak is van regte canvas gemaak, het selfs daai was (wax) gevoel as jy aan hom vat.
Die ritsluiter "Zip" is YKK en gee regtig 'n kwaliteit gevoel aan die sak.
Die dra bande is nie WOW nie, maar daar is ook niks met hulle fout nie.

Persoonlik sou ek net 'n dikker band verkies het.
Die bande is baie goed van onder die sak se pens tot hoog teen die kant vas gestik.
Daar is nie klein sakkies aan die kante of erens nie, dis een groot oop sak.
Nate is tot die minimum beperk.
Dis beslis 'n "No nonsence, rugged" toksak.

Eerste paar mense vir wie ek die sak gewys het, het almal die opmerking gemaak dat dit 'n lekker sak is vir jou beddegoed. Ek dink sy gebruike is legio en volgens my, vir die prys, 'n lekker stuk toerusting vir enige kamper / buitelewe mens.

Ek gaan myne ook gebruik vir my canvas gasebo se kant seile.

Mens kan dit selfs gebruik vir jou duiktoerusting. . . . elk geval, regtig nie 'n sleg toksak nie.


Het verlede naweek die toksak behoorlik getoets op 'n jag naweek.
Daar is sommer in die veld gekamp en genade was min, want die spoed was hoog.
Slaapsak, kombers en kussing daarin gesit.
Sak wys geen tekens van die mishandel nie.



No comments:

Post a Comment